MLNP™ Verslawing

Is jy moedeloos omdat so min Verslaafdes rehabiliteer?

Oorweldig die kompleksiteit van die behandeling van verslawing jou?

Help jou kliënt om die volgende effektief aan te spreek:

  • Die genesing van nadelige kinderjare ervarings
  • Die ontwikkeling van nuwe hanteringsstrategieë
  • Die hantering van trauma en skaamte sonder die kruk van verslawing
  • Die bou van nuwe verhoudings en die herstel van oues
  • Die hantering van verveeldheid
  • Die voorkoming van terugval
  • Die ontdekking van jou lewensdoel

Spreek Verslawing effektief met Multi-Level Neuro-Processing (MLNP™) aan

Geen permanente rehabilitasie is moontlik voordat genesing nie plaasvind nie – genesing van alle nadelige kinderjare ervarings.  En dit is waar MLNP™ inkom.

MLNP™ maak gebruik van beide:

  • Top-down & bottom-up benaderings om maksimum prosessering en integraasie in die brein te verseker, wat lei tot genesing & transformasie van die verslaafde
  • Top-down prosessering begin met rasionele denke, persepsies en gedissiplineerde gedragskeuses
  • Bottom-up prosessering fokus op die fisiese/liggaamlike sensasies soos wat hulle voortdurend in persepsies, kognisies en besluite ontwikkel.
  • Genesing en transformasie vind in die onderlinge verhouding tussen top-down & bottom-up processing plaas
  • Die integrasie van brein en liggaam, van linker en regter serebrale hemisfere en van ons voor- en agterbrein bevorder genesing en maak ons volkome mens
  • Effektiewe behandeling beteken om individue te help om die “waarnemende” frontale korteks aanlyn te hou terwyl hulle terselfdertyd die rou primitiewe sensasies beleef wat in die primitiewe deel van die brein gegenereer word (die limbiese sisteem en die breinstam).

Wat jy sal leer

  • Hoe om die genesingsproses van die kliënt se nadelige kinderjare ervarings met behulp van MLNP™ te fasiliteer
  • Die plesier-beloningstelsel (gewoontes van ‘n gelukkige brein)
  • Trauma, stres & die brein van ‘n verslaafde
  • Attachment eye position set-up (MLNP™)
  • Die deksel en houer model
  • Die insula en drange
  • Cravings/urges set-up (MLNP™)
  • Diskonneksie in die brein van ‘n verslaafde
  • Rewards-consequences “double-spot” set-up (MLNP™)

Hierdie opleiding is geskik vir:

Almal wat by die rehabilitasie van verslaafdes betrokke is, soos:

  • Predikante
  • Pastorale Beraders
  • Maatskaplikewerkers
  • Sielkundiges
  • Lewensafrigters

Ons waarborg aan jou!

Jy sal verbaas wees oor die verskil wat MLNP™ aan jou praktyk sal maak.   Indien hierdie werkswinkel egter  nie vir jou die moeite werd was nie en jy dink dit was tydmors en jy het niks nuuts geleer nie, gee ons jou werkswinkelfooi met ‘n glimlag aan jou terug.

Volgende werkswinkeldatums vir MNLP™ Module 1 (Basiese Opleiding)

Vir meer inligting (plek en datums) oor die werkswinkels wat in die Paarl aangebied word, kliek op die volgende skakel:

Paarl-Werkswinkels

Alberton Werkswinkels:

  •  29 – 31 Julie 2019 (Basiese Opleiding)

Hierdie module word gevolg deur 8 gevallestudies en 4 Zoom-sessies wat voor die Module 2-werkswinkel afgehandel moet word.


Volgende werkswinkeldatums vir MLNP™ Module 2 (Verslawing)

  • Alberton: 10 – 12 Oktober 2019

Registrasie & Betaling

Voltooi asseblief die onderstaande inskrywingsvorm en kliek op SUBMIT.

 

Pay

MLNP™ Module 1 & 2:  R 6 750.00

Indien jy verkies om in 2 paaiemente (2 X R 3 375.00) te betaal, toon dit op die boonste inskrywingsvorm aan.  Ons sal dan die nodige reëlings met jou tref.

Aanbieders:

Alberton: Edgar Phillipsedgar

  • Hy is ‘n Imago Professionele Fasiliteerder – 2008.
  • Hy behaal ‘n Nagraadse Diploma in Funksionele Terapie in 2010.
  • Hy is ‘n internasionaal gesertifiseerde EFT praktisyn – 2010.
  • Hy is ook ‘n geregistreerde internasionale Meester Brainspotting Terapeut – 2015.
  • Edgar is tans besig met sy Meestersgraad by die NWU (Potchefstroom Kampus) waar hy verdere navorsing oor MLP™ doen.
  • Sy passie is om mense te help om van die negatiewe gevolge van trauma te genees. 

Potchefstroom: Dr Bertie Hanekombertie

    • Hy is die besturende direkteur van Perspektief Opleidingskollege (PTC).
    • Hy is al vir meer as 25 jaar betrokke by hulpverlening aan mense.
    • Dit is Bertie se passie om mense te help om hulle volle potensiaal te ontdek en te realiseer.
  • Hy het sy doktersgraad in praktiese teologie by die NWU (Potchefstroom-kampus) verwerf.

Paarl: Antoinette Rossouw

  • Antoinette is ’n geregistreerde bedryfsielkundige, wat haar navorsing gedoen het oor die verband tussen emosionele intelligensie en psigososiale funksionering met spesiale verwysing na werknemers se welsyn. Sy het 27 jaar ervaring van hulpverlening aan mense.
  • As onafhanklike bedryfspraktisyn fokus sy op werknemers se psigososiale gesondheid, spanbou en loopbaanafrigting, opleiding en produksie -verbetering, asook selfbestuur gedurende transformasie in die werkplek.
  • Haar opleiding en ervaring sluit o.a. ook die volgende in:
    • Akkreditering in MSCEIT en Bar-On EQ-I vir assessering en opleiding in emosionele intelligensie by Yale Universiteit, Connecticut, VSA. (2006)
    • Thomas International PPA akkreditasie
    • Psigometriese- en Ekometriese assessering
    • Groepsdinamika-opleiding, Chicago, VSA (2004)
    • EFT- praktisyn
    • Gewigsverliespraktisyn
    • Die fasilitering van Bedryfsteater vir ervaringsleer in die werkplek
    • Multivlak Neuroprosessering: Basiese opleiding sowel as MLNP Trauma, MLNP Lewensafrigting, MLNP Prestasieverbetering, MLNP “Ego state” -terapie en MLNP Verslawing

Kwalifiseer as Recovery Coach

Wanneer jy die volgende opleiding suksesvol voltooi het, kan jy by International Coaches Register (ICR) as ‘n Recovery Coach registreer.

  • MLNP Basiese Opleiding
  • MLNP Trauma
  • MLNP Verslawing
  • 30 ure se praktiese toepassing

Vir meer inligting oor ICR, kliek op die volgende skakel:

International Coaches Register (ICR)

MLNP™ Verslawing Opleidingsprogram


Hoe steek al die MLNP™ werkswinkels inmekaar?

Neuro-Coaching in Action!