Slagoffer? |
Vasgevang? |
Vertrap? |
Gemanipuleer? |
Oorheers? |
Hoe om NEE te sê
Om die BEHEER oor jou lewe terug te neem!
Chistene fokus dikwels so baie daarop om liefdevol en hulpvaardig te wees dat hulle nie hul eie perke en beperkings in ag neem nie.
Het jy al ooit gewonder:
- Kan ek grense stel en nog steeds ‘n liefdevolle persoon wees?
- Wat is billike grense?
- Wat as iemand ontsteld of seergemaak is deur my grense?
- Hoe antwoord ek iemand wat my tyd, liefde, energie of geld wil hê?
- Hoekom voel ek skuldig of bang wanneer ek grense wil stel?
- Is dit nie selfsugtig om grense te stel nie?
Tydens hierdie 1-dag werkswinkel gaan jy leer:
- Wat grense is
- Wat die 4 basiese probleme met grense is
- Wat die 10 wette van grense is
- Wat die basiese mites rondom grense is
- Waarom die stel van grense die voorwaarde vir gesonde verhoudings is
- Hoe om gesonde grense te ontwikkel
Hierdie werkswinkel is bedoel vir:
- Enigeen wat beheer oor sy lewe wil kry,
- Maatskaplike werkers,
- Pastorale beraders,
- Predikante
Ons help jou om beheer oor jou lewe te kry!
Baie mense dink dit onchristelik en selfsugtig is om grense te stel. Tydens hierdie werkswinkel gaan jy ontdek dat dit juis christelik is. Om net harder te probeer, gaan nie werk nie. Om gaaf te wees uit vrees vir verwerping gaan ook nie werk nie. Ook nie om verantwoordelikheid vir ander te neem nie. Wat wel gaan werk, is om eienaarskap van jou lewe te neem.
Ons tydmors waarborg aan jou
Jy sal verbaas wees oor die verskil wat hierdie werkswinkel aan jou lewe sal maak. Indien jy egter vind dat hierdie werkswinkel tydmors was, gee ons jou werkswinkelfooi met ‘n ☺ aan jou terug.
Bladsye uit die Opleidingsmateriaal
Hoekom hierdie werkswinkel so uniek is?
Persoonlike aandag en genoeg prosesseringstyd tydens die werkswinkel stel jou in staat om hierdie kopkennis ook hartkennis te maak sodat jy werklik beheer van jou lewe kan neem.
Datum en Plek van volgende 1-dag Werkswinkel
- Datum: Word op aanvraag aangebied
- Plek:
Slegs 10 plekke per werkswinkel beskikbaar
Hoe bespreek en betaal ek vir die werkswinkel?
Registreer vir die werkswinkel deur op die PayFast knoppie hieronder te kliek.
Hoe verseker ek my plek op die werkswinkel?
Om jou plek op die werkswinkel te verseker, moet die werkswinkelfooi asseblief 3 werksdae voor die werkswinkel plaasvind, inbetaal word. Sien die onderstaande 2 opsies en kliek op die PayFast knoppie hieronder om jou plek te bespreek:
Kry Beheer oor jou Lewe: R 1 050.00
Belangrik
Wat gebeur wanneer jy op die PayFast knoppie druk?
- Jy word na PayFast se webblad geneem waar jy eers moet registreer.
- Daarna word jy die opsie gegee watter betalingsmetode jy wil gebruik – kredietkaart, Internet, of Ukash.
- PayFast is ‘n betroubare Suid-Afrikaanse maatskappy.
- Indien jy sukkel met die betaling op PayFast kontak ons gerus by persfin@lantic.net vir ons bankbesonderhede.
- Sodra jy die betaling deur PayFast gemaak het, sal ons jou DV binne 2 werksdae kontak om die inbetaling te bevestig en die reëlings aangaande die werkswinkel te finaliseer.
- Indien jy enige vrae het, kontak ons gerus by persfin@lantic.net.
Aanbieder:
Dr Bertie Hanekom is die besturende direkteur van Perspektief Opleidingskollege (PTC). PTC is al meer as 20 jaar besig om pastorale beraders op te lei. Dit is Bertie se passie om mense te help om hulle volle potensiaal in Christus te ontdek en te realiseer. Hy het sy doktersgraad in praktiese teologie by die NWU (Potchefstroom-kampus) verwerf.