Hoeveel keer het jy al die volgende vir jouself gevra?
- Hoe op aarde kon ek so stupid wees?
- Ek voel soos ‘n regte loser!
- Niks wil ooit reg uitwerk nie!
Jou selfpersepsie vorm die kern van wie en wat jy is!
Eerste lewensfase
- Die sielkundiges beweer dat ons deur verskillende lewensfases gaan, maar ek dink ons gaan deur slegs twee fases.
- Die eerste fase is die ongeveer eerste agtien jaar van ons lewens.
- Dan kry ons ouers, onderwysers, vriende en familie die kans om ons goed op te duiwel (☺).
- Tydens hierdie fase leer ons dan allerhande leuens oor onsself en aanvaar dit later as die waarheid.
Tweede lewensfase
- Die tweede lewensfase (volgens my), is vanaf ongeveer 19 jarige ouderdom tot en met ons sterfbed.
- Dan “struggle” ons om van al hierdie leuens wat ons oor onsself glo, ontslae te raak.
- Dis een groot stryd om geestelik en emosioneel te groei en dit net te maak in die lewe – of so beleef ons dit baie keer.
Universele leuens
- Hierdie universele leuens sneller die bose kringloop van selftwyfel wat ons van ‘n vreugdevolle lewe beroof.
- Dit veroorsaak ook dat ons onsself na wêreldse standaarde skik en die wêreld wil juis hê dat ons op hierdie manier na onsself kyk.
Tydens hierdie werkswinkel gaan jy:
- leer hoe die wêreld ons beïnvloed om skadelike dinge van onsself te glo;
- leer dat mislukkings nie ‘n persoon wat ‘n gesonde binneprentjie (selfpersepsie) het, kan vernietig nie;
- kyk na sommige goed wat mense doen wanneer hulle ander se goedkeuring soek;
- bestudeer hoe God wys hoe hoog Hy mense ag en leer wat gebeur as Satan in die prentjie kom;
- kyk na jou persoonlike verhouding met Christus.
Wat jy nie gaan leer nie:
- Jy gaan nie “positive thinking” tegnieke aanleer nie;
- Jy gaan nie terapeutiese tegnieke aanleer nie;
- Die werkswinkel vervang nie terapie nie (wat in ernstige gevalle nodig mag wees).
Hierdie werkswinkel is bedoel vir diegene wat:
- sukkel om van die negatiewe persepsies oor hulself ontslae te raak;
- keelvol “gestruggle” is om in beheer te bly;
- voel dat hulle slagoffers van ander en hulle omstandighede bly;
- ‘n behoefte aan geestelike groei het.
Ons tydmors waarborg aan jou
Ons gee jou werkswinkelfooi met ‘n ☺ aan jou terug as jy dink die werkswinkel was tydmors.
Bladsye uit die opleidingsmateriaal
Hoekom hierdie werkswinkel so uniek is
Aan die einde van die werkswinkel gaan jy:
- weet hoe die wêreld jou beïnvloed het om skadelike dinge van jouself te glo;
- weet dat mislukkings jou nie kan vernietig as jy ‘n gesonde binneprentjie (selfpersepsie) het nie;
- weet wat jy doen wanneer jy ander se goedkeuring soek;
- besef hoe hoog God jou ag en weet wat gebeur as Satan in die prentjie kom;
- nuwe perspektief ontvang oor jou persoonlike verhouding met Christus.
Datum en Plek
- Datum: Word op aanvraag aangebied
- Plek: Grietjiestraat 7, Dassierand, Potchefstroom
Slegs 10 plekke beskikbaar per werkswinkel
Hoe bespreek en betaal ek vir die werkswinkel: Ontdek Jou Ware Self?
Maak jou keuse (gewone of bonus opsie) en registreer vir die werkswinkel deur op die PayFast knoppie hieronder te kliek.
R 1 500.00: Ontdek jou Ware Self
Belangrik
Wat gebeur wanneer jy op die PayFast knoppie druk?
- Jy word na PayFast se webblad geneem waar jy eers moet registreer.
- Daarna word jy die opsie gegee watter betalingsmetode jy wil gebruik – kredietkaart, Internet, of Ukash
- PayFast is ‘n betroubare Suid-Afrikaanse maatskappy.
- Indien jy sukkel met die betaling op PayFast kontak ons gerus by persfin@lantic.net vir ons bankbesonderhede.
- Sodra jy die betaling deur PayFast gemaak het, sal ons jou DV binne 2 werksdae kontak om die inbetaling te bevestig en die reëlings aangaande die werkswinkel te finaliseer.
- Indien jy enige vrae het, kontak ons gerus by persfin@lantic.net.
Hoe verseker ek my plek op die werkswinkel?
Om jou plek op die werkswinkel te verseker, moet die werkswinkelfooi asseblief 2 dae voor die werkswinkel plaasvind, inbetaal word deur op die onderste PayFast knoppie van jou keuse te kliek:
Aanbieder:
Dr Bertie Hanekom is die besturende direkteur van Perspektief Opleidingskollege (PTC). PTC is al meer as 20 jaar besig om pastorale terapeute op te lei. Dit is Bertie se passie om mense te help om hulle volle potensiaal in Christus te ontdek en te realiseer. Hy het sy doktersgraad in praktiese teologie by die NWU (Potchefstroom-kampus) verwerf.