Speel tjoef-tjaf klaar met Trauma en ander Emosionele Wonde

Al ooit gewens:breakdown

  • jy was beter toegerus om emosionele wonde & Posttraumatiese Stresversteuring (PTSV) effektief te hanteer?
  • jy kon regtig ‘n verskil maak?
  • jy kon meer doen as net so bolangs help?

Multi-Level Neuro-Tapping (MLNT™) kan jou wense waar maak!


  • MLNT™ kan die impak van trauma en PTSV drasties verwyder om die getraumatiseerde weer na ‘n normale vlak van funksionering te neem.
  • MLNT™ gee vinnige en permanente resultate.
  • Dit is ‘n versameling van die voorste neuro-wetenskaplike tegnieke en prosesse wat die mees effektiewe elemente van BSFF (Be Set Free Fast), NLP (Neuro-linguistic Programming), geestelike insig, die neuro-wetenskap en die verstand se vermoë om homself te genees, integreer.
  • Van die mees uitstaande kenmerke van MLNT™ is dat dit vinnig en op die punt af is.
  • Dit fokus op die transformasie van hoe jy jou verlede voorstel; verskuif dit wat jou emosioneel ontwrig en herstel jou fisiese gesondheid!


dynamite-alarm-clockMLNT™ is in meer as 10 lande nagevors, deur meer as 60 navorsers, wie se resultate in meer as 20 verskillende eweknie-geëvalueerde wetenskap-tydskrifte gepubliseer is.


“Brain-based therapy is the fastest-growing area in the field of psychological health because it has proven that it can immediately address issues that talk therapy can take years to heal.”

– Dr David Grand


So lyk ‘n twaalfjarige se trauma-grafieke na 7 terapiesessies (tussen 23/05/2014 en 14/08/2014) waar daar van Turbo EFT tydens 2 van die 7 sessies gebruik gemaak is:

Trauma-23-5-14

Trauma-14-8-14

Hierdie werkswinkel is bedoel vir:

Professionele terapeute soos:

  • Maatskaplike werkers,
  • Pastorale beraders,
  • Predikante,
  • Sielkundiges, ens.

Hierdie webinaarhelp professionele terapeute om ‘n effektiewe metode baas te raak om vinnig en permanent met trauma klaar te speel.

 Tydens hierdie webinaar gaan jy die volgende leer:
  •  ‘n Kort geskiedenis van  MLNT™;
  • ‘n Voorgestelde beradingsproses waarby MLNT™ geïntegreer kan word;
  • Die negatiewe funksionering van die mens (frustrasie, stres, hulpeloosheid);
  • Drie komponente van die helingsproses;
  • Die rol van die onderbewussyn;
  • Die tegniek en gebruik van MLNT™ in die behandeling van trauma en emosionele wonde.
Wat ander sê wat die webinaar al bygewoon het:

Hierdie webinaar is briljant, leersaam en prakties.  Dit het my uitkyk op die lewe, en die rol wat trauma daarin speel, heeltemal verander. Almal kan hierby baat vind.

Ek was baie skepties, maar het eerstehands ervaar hoe dit werk!  Dit sny deur al die onnodige “red tape”.  Dis uitstekende toerusting!  Ek beveel dit vir almal aan!

Hierdie webinaar is soos praktiese indiensopleiding.  Ek was eers skepties (bang) om in my kop te gaan krap, maar daar was definitiewe verandering!  Die aanslag tydens die werkswinkel is prakties, lewendig, ontspanne en vriendelik.  Ek beveel dit vir almal aan, want dit WERK!

Ons tydmors waarborg aan jou

Jy sal verbaas wees oor die verskil wat MLNT™ aan jou praktyk sal maak.  Indien jy egter wonder of hierdie webinaar die moeite werd kan wees, gee ons jou fooi met ‘n aan jou terug as jy dink dit was tydmors.

 Bladsye uit die Opleidingsmateriaal

EFTmateriaal

Hoekom hierdie webinaar so uniek is?

Aan die einde van hierdie webinaar gaan jy weet:

  • Hoe om MLNT™ by ‘n hulpverleningsproses te ïntegreer;
  • Hoe die negatiewe funksionering van die mens (frustrasie, stres, hulpeloosheid) werk;
  • Hoe die drie komponente van die helingsproses verband hou met MLNT™
  • Hoe die onderbewussyn gebruik kan word om ons van trauma te bevry;
  • Hoe om MLNT™ te benut in die behandeling van trauma en emosionele wonde.
Datums vir die volgende 2-Dag webinaar
  • 8 & 9 Maart 2021 (08:30 – 16:00)
Om in te skryf, voltooi die volgende registrasievorm :
Hoe verseker ek my plek op die werkswinkel?

Kliek op die PayFast knoppie hieronder om jou plek te bespreek:

Om jou plek op die werkswinkel te verseker, moet die werkswinkelfooi asseblief 3 werksdae voor die werkswinkel plaasvind, inbetaal word.


Pay

MLNT™: Trauma Webinaar: R 2 500.00


Belangrik

Wat gebeur wanneer jy op die PayFast knoppie druk?

  • Jy word na PayFast se webblad geneem waar jy eers moet registreer.
  • Daarna word jy die opsie gegee  watter betalingsmetode jy wil gebruik – kredietkaart, Internet, of Ukash.
  • PayFast is ‘n betroubare Suid-Afrikaanse maatskappy.
  • Indien jy sukkel met die betaling op PayFast kontak ons gerus by persfin@lantic.net vir ons bankbesonderhede.
  • Sodra jy die betaling deur PayFast gemaak het, sal ons jou DV binne 2 werksdae kontak om die inbetaling te bevestig en die reëlings aangaande die werkswinkel te finaliseer.
  • Indien jy enige vrae het, kontak ons gerus by persfin@lantic.net.

Aanbieder:
bertie

Dr Bertie Hanekom is die besturende direkteur van Perspektief Opleidingskollege (PTC). PTC is al meer as 20 jaar besig om pastorale beraders op te lei. Dit is Bertie se passie om mense te help om hulle volle potensiaal in Christus te ontdek en te realiseer. Hy het sy doktersgraad in praktiese teologie by die NWU (Potchefstroom-kampus) verwerf.

Reinvent Yourself!