Kliënt 1 (Anoniem):
Ek het hierdie terapie gebruik om weer perspektief op my lewe te kry. Daar was verskeie situasies en struikelblokke waaroor ek moes kom en volgens my was dit die einde van die wêreld. Ek het gevoel God is nie naby my nie en ek het gevoel ek versuip in die magdom emosionele oomblikke wat ek gehad het. Ek het hulp en uitkoms gesoek.
Aan die begin het ek nie regtig geweet wat om te verwag nie en soms het ek glad nie gedink dat dit sal help nie, want kom ons wees eerlik, wie dink daaraan dat prentjies kan help met jou probleme? Gedurende die sessies het ek nie verwag dat daar veel uitgerig gaan word nie. Ek het nie gedink so ‘n terapie kan regtig help nie. Maar ek was verkeerd bewys!
Gedurende die sessies het ek en die terapeut gesit en deur musiek, klankgolwe en prentjies, soms ook deur prentjies te teken, het ons deur sekere elemente van my lewe gewerk waarmee ek probleme ervaar het, waar ek gesukkel het om perspektief te kry oor kwessies wat my laat swaarkry het. Ons het aan kwessies geraak wat verder deur my gedagtes ontsluit is en die helingsproses het dan so voortgegaan.
Ek was verskriklik verbaas. Ek kon regtig glad nie verstaan en uitmaak wat gebeur met my gedagtes nie. Hoe kan een prentjie my regtig verander? Daar was tye waar ek nie kon verstaan hoe die tegnieke werk nie, maar dit het gewerk. Dit het beter gewerk as waar ek by ‘n gewone helper net sit en alles deurpraat. Ek dink juis die lack of speaking en die time for healing is wat die genesing en groei verhaas het.
Ek het meer tyd in my lewe begin maak om te fokus op wat belangrik is. Ek het geleer hoe om grense te stel sodat ek nie myself of my perspektief afskeep nie. Ek kom ook agter dat ek nie meer haastig en ondeurdagte besluite maak nie. Ek stop myself eers en plaas dit eers in perspektief. Ek het ook agtergekom dat alles sal regtig okay wees en daar is beslis ‘n lig aan die einde van die donker tonnel.
Ek sal hierdie manier van terapie beslis aanbeveel. Ek het dit reeds vir ‘n vriend van my ook aanbeveel en ek dink dit is regtig merkwaardig. Dit voel asof jou gedagtes ‘n legkaart by homself sit en ontvou. op die manier wat God ons wou hê om genees te word. Ek het geleer hoe om my perspektief te verander en te fokus op wat werklik belangrik is, om ‘n nuwe perspektief te kan kry. Deur die prentjies het ek beleef hoe ek letterlik deur my emosies en herrineringe gaan en hoe goed begin sin maak sonder om eers ‘n woord te praat.
Kliënt 2 (Helena van Deventer)
Mense het gedink dat dit goed gaan met my. Ek was al ses jaar uit ‘n disfunksionele huwelik van 26 jaar. Ek het pas ‘n nuwe werk gekry en dit moet mos begin beter gaan.
Toe word my dogter in ‘n senuhospitaal opgeneem. Vir my was dit asof ek te moeg was om te veg. Ek het net saam met die stroom gegaan. Dit was asof ek in ‘n bubble geleef het. My bure het my toe na ‘n MLP™-terapeut geneem. Ek was dankbaar dat iemand “beheer” geneem het.
Ek is rustig en in ‘n opregte omgee atmosfeer ontvang. Die terapeut het geluister en seker gemaak hy verstaan wat ek vertel het. Sagte musiek en prentjies het my gehelp om my emosies te identifiseer en te verwerk. Ek het baie onderdrukte emosies onthou en baie seermaak gebeure het uitgekom.
Deur die sessies het ek besef hoe baie hierdie onderdrukte “seer mens” my kniehalter om regtig te leef. Dit was soos ‘n legkaart waar die stukkies by mekaar begin inpas het. Ek het begin beter voel, ligter voel, asof ek verder kon begin sien as om tog asseblief net te kan aanhou werk tot op 65.
Waar ek geen vertroue in my eie besluite en oordeel gehad het nie, kon ek nou begin om met die egskeiding aan te gaan sonder om in erge angs te gaan. Die verlammende nagmerries, waar ek skreeuende wakker geword het, teister my nie meer nie. Ek het leer grense stel, is baie sterker en rustiger. Ek begin weer leef!
Hester Opperman (maatskaplike werker in privaat praktyk)
Multi-Level Processing™ is ‘n nie-bedreigende metode wat gebruik kan word om issues op ‘n diep fisiologiese vlak te verwerk wat groot emosionele verandering teweeg bring. MLP™ is ‘n uiters praktiese metode wat binne ‘n kort tyd groot veranderinge en resultate oplewer.
Dr. Chris Harris (predikant en life coach)
Die opleiding het my verwagting oortref. Ek het ‘n instrument gekry wat kragtig is en en op ‘n wye verskeidenheid terapeutiese terreine bruikbaar is. MLP™ het geweldig waarde toegevoeg tot my werk as terapeut, asook my coaching praktyk. Dis ‘n betroubare proses wat indien die terapeut/coach die proses vertrou, verseker positiewe uitkomste meebring. MLP™ het op my gewerk en is een van die kragtigste instrumente waarmee ek tot nou toe gewerk het.
Elsje Swart (maatskaplike werker in privaat praktyk)
Die meeste kliënte verstaan nie waarom hulle oorreageer en reaktiewe gedrag onder sekere omstandighede het nie. MLP™ help om die” issues” in die brein uit te sorteer, sodat gedragsverandering kan plaasvind. MLP™ is kragtig!
Annette Volschenk (maatskaplike werker in privaat praktyk)
Multi-Level Processing™ is ‘n gemaklike proses met onmiddelike resultate. Die gemaklikheid van die proses om die agterbrein te aktiveer sodat daar sensoriese prosessering kan plaasvind, die issue geïntegreer kan word en die kliënt weer positiewe perspektief kan hê, maak dat ek MLP™ met oortuiging kan gebruik.
Ds. Willem Esterhuizen (predikant)
Wat vir my uitstaan van die MLP™ opleiding is dat die nie net ‘n klomp teorie is nie, maar ook on the job training. Verder word dit professioneel aangebied en stap ek weg met ‘n klomp gereedskap om mense meer effektief te kan help. MLP™ is ‘n een-tot-een proses wat gefokus en lewensveranderend is. Dis ‘n moet! Jou praktyk kan nie daarsonder nie!
Ruth Humampe (social worker)
I attended the MLP™ training to firstly deal with my own personal trauma and secondly to be able to assist the patients I deal with on a daily basis. The practical demonstrations showed me how to connect with myself and be able to process unresolved issues. The use of the face cards, the role play and timeline experience gave me relief of personal traumatic events. I recommend MLP™ as an easy and excellent therapeutic tool – it works wonders!
Elize Venter (maatskaplike werker)
MLP™ is ‘n great tegniek wat jy met beide kinders en volwassenes kan gebruik. Die gebruik van die eco-chart en om te sien hoe en waarnatoe die energie in my lewe vloei en dan prakties iets omtrent dit te kan doen, was baie positief. Ek sal die opleiding en MLP™ enige tyd aanbeveel, want dit WERK!
Eunice Korope (social worker)
I have never heard of MLP™ but decided to attend as I was curios and knew it is somehow linked to Brainspotting. I was surprised to find a therapy method that actually works – it has unlocked so much in me. I thought I had dealt with a lot of issues in my life but the timeline method combined with the face cards brought a lot of stuff to the surface. It was an emotional experience but also a good one as I could finally process everything and found relief. Definitely the best therapy method I came across.
Keydy O’Callaghan (predikant)
Ek het nie geweet wat om van die opleiding te verwag nie, maar was nogtans opgewonde. Die opleiding het my verwagtinge oortref. Skielik het ek ‘n meganisme om baie meer te help as voorheen. Ek kan mense nou deur trauma op ‘n gemaklike en rustige manier help. Ek het tydens die praktiese sessies gesien watter ongelooflike impak MLP™ op mense het. Ek kan sien hoe ek MLP™ nie net vir trauma gevalle gaan gebruik nie, maar ook in verhoudings en met konflikhantering. MLP™ help mense om holisties te genees, want dit integreer die denke, emosies en ook die liggaam. In een sin, dit was ‘n ongelooflike verrykende ervaring.
Titia de Ridder (maatskaplike werker)
Ek het al verskeie van Perspektief se kursusse bygewoon en ek stap elke keer weg met nuwe energie. Die opleiding maak sin en die tegniek is bruikbaar. Tydens die opleiding het ek nie net nuwe dinge oor myself ontdek nie, maar ook ‘n kragtige stuk gereedskap wat doeltreffend en effektief werk, ontvang. Ek dink elke terapeut moet hierdie opleiding bywoon en MLP™ leer gebruik.