MLNP™ Afhanklikheidsgedrag

Is jy moedeloos omdat so min Verslaafdes rehabiliteer?

Oorweldig die kompleksiteit van die behandeling van verslawing jou?

Help jou kliënt om die volgende effektief aan te spreek:

  • Die genesing van nadelige kinderjare ervarings
  • Die ontwikkeling van nuwe hanteringsstrategieë
  • Die hantering van trauma en skaamte sonder die kruk van verslawing
  • Die bou van nuwe verhoudings en die herstel van oues
  • Die hantering van verveeldheid
  • Die voorkoming van terugval
  • Die ontdekking van jou lewensdoel

Spreek Verslawing effektief met Multi-Level Neuro-Processing (MLNP™) aan

Geen permanente rehabilitasie is moontlik voordat genesing nie plaasvind nie – genesing van alle nadelige kinderjare ervarings.  En dit is waar MLNP™ inkom.

MLNP™ maak gebruik van beide:

  • Top-down & bottom-up benaderings om maksimum prosessering en integraasie in die brein te verseker, wat lei tot genesing & transformasie van die verslaafde
  • Top-down prosessering begin met rasionele denke, persepsies en gedissiplineerde gedragskeuses
  • Bottom-up prosessering fokus op die fisiese/liggaamlike sensasies soos wat hulle voortdurend in persepsies, kognisies en besluite ontwikkel.
  • Genesing en transformasie vind in die onderlinge verhouding tussen top-down & bottom-up processing plaas
  • Die integrasie tussen ons bewuste denke (brein) en onbewuste denke (liggaam) bevorder genesing en maak ons volkome mens
  • Effektiewe behandeling beteken om individue te help om die “waarnemende” frontale korteks aanlyn te hou terwyl hulle terselfdertyd die rou primitiewe sensasies beleef wat in die liggaam  ervaar word (Somatic Mindfulness).

Wat jy sal leer

  • Hoe om die genesingsproses van die kliënt se nadelige kinderjare ervarings met behulp van MLNP™ te fasiliteer
  • Die plesier-beloningstelsel (gewoontes van ‘n gelukkige brein)
  • Trauma, stres & die brein van ‘n verslaafde
  • Attachment eye position set-up (MLNP™)
  • Die deksel en houer model
  • Die insula en drange
  • Cravings/urges set-up (MLNP™)
  • Diskonneksie in die brein van ‘n verslaafde
  • Rewards-consequences “double-spot” set-up (MLNP™)

Hierdie opleiding is geskik vir:

Almal wat by die rehabilitasie van verslaafdes betrokke is, soos:

  • Predikante
  • Pastorale Beraders
  • Maatskaplikewerkers
  • Sielkundiges
  • Lewensafrigters

Ons waarborg aan jou!

Jy sal verbaas wees oor die verskil wat MLNP™ aan jou praktyk sal maak.   Indien hierdie werkswinkel egter  nie vir jou die moeite werd was nie en jy dink dit was tydmors en jy het niks nuuts geleer nie, gee ons jou werkswinkelfooi met ‘n glimlag aan jou terug.

MNLP™ Basiese Opleiding – Dis ‘n voorvereiste vir MLNP™ Afhanklikheidsgedrag- kliek vir meer inligting.

Die MLNP™ Afhanklikheidsgedrag Webinaar vind elke dag van 08:30 – 10:30: 11:00 – 14:00 op die volgende datums plaas:

  • Kontak die kantoor vir die volgende datums (perspektief@lantic.net)

Registrasie & Betaling

Voltooi asseblief die onderstaande inskrywingsvorm en kliek op Subscribe.







MLNP Afhanklikheidsgedrag Inskrywingsvorm

MLNP™ Verslawing Webinaar: R 6 000.00 

Aanbieders:

Alberton: Edgar Phillipsedgar

  • Hy is ‘n Imago Professionele Fasiliteerder – 2008.
  • Hy behaal ‘n Nagraadse Diploma in Funksionele Terapie in 2010.
  • Hy is ‘n internasionaal gesertifiseerde EFT praktisyn – 2010.
  • Hy is ook ‘n geregistreerde internasionale Meester Brainspotting Terapeut – 2015.
  • Edgar is tans besig met sy doktersgraad om verdere navorsing oor MLNP™ te doen.
  • Sy passie is om mense te help om van die negatiewe gevolge van trauma te genees. 

Potchefstroom: Dr Bertie Hanekombertie

  • Hy is die besturende direkteur van Perspektief Opleidingskollege (PTC).
  • Hy is al vir meer as 25 jaar betrokke by hulpverlening aan mense.
  • Dit is Bertie se passie om mense te help om hulle volle potensiaal te ontdek en te realiseer.
  • Hy het sy doktersgraad in praktiese teologie by die NWU (Potchefstroom-kampus) verwerf.

Reinvent Yourself!