MLNP™ Pastorale Sorg

Die Terapeutiese Eweknie van Kontemplatiewe Gebed

Dryf die Onmag om werklik ‘n Verskil te maak jou teen die Mure uit?

[Geregistreer vir 15 VBO punte by die NG Kerk en vir 3 CPD punte by die CPSC]


  • Ontbreek jou hulpverlening aan die X-faktor?
  • Frustreer dit jou dat jy nie meer kan bydra tot jou gemeentelede se geestelike groei nie?
  • Is daar leemtes in jou manier van hulpverlening?

Jou manier van hulpverlening kan jou grootste probleem wees wanneer:
  • Jy raad gee
  • Jy dink jy verstaan jou lidmaat (kliënt)
  • Die proses te vinnig is, of
  • Jy ongemaklik met stiltes is
  • Jy nie teenwoordigheid, ‘n sensitiewe aanvoeling, resonansie en vertroue tussen  jou en jou lidmaat beoefen en vestig nie
  • Jy dink dat praat die probleme sal oplos, en/of
  • Jy dink dat wanneer jou kliënt die storie oor en oor vertel, dit genesing bring
  • Jy groei by jou lidmaat verwag terwyl daar nog nie eers genesing plaasgevind het nie

Hier is die manna uit die hemel:

Multi-Level Neuro-Processing (MLNP)™

– Pastorale Sorg –

– Die Terapeutiese Eweknie van Kontemplatiewe Gebed –

MLNP™ is NIE:
  • Hipnose nie!
  • Net nog ‘n tegniek nie, maar ‘n radikale nuwe benadering tot hulpverlening
  • ‘n Hertraumatisering deur die traumatiese gebeure oor en oor te herhaal nie

Multi-Level Neuro-Processing (MLNP)™ is ‘n genesings- en gedragsveranderingsproses wat op neurowetenskaplike beginsels gegrond is en waar kontemplatiewe gebed die fondasie vir die vorming van nuwe denke is (Rom 12:1,2).  Dit verwys na die verskillende maniere waarop die onderskeie areas in die brein inligting prosesseer en integreer.  Dit is ‘n geïntegreerde en omvattende brein-liggaam proses wat ‘n hulpverlener toelaat om God se genesing en transformasie op ‘n dinamiese manier te fasiliteer.  MLNP™ help die brein om inligting op so ‘n manier te prosesseer en te integreer dat die eindresultaat ‘n definitiewe en permanente verandering tot gevolg het in:

    • Denke – nuwe perspektiewe op God, jouself, die lewe en ander
    • Gevoelens – vrees, skuld, skaamte en ander negatiewe emosies word ontlont.  Negatiewe emosies se neurale bane disintegreer / los op / verdwyn
  • Gedrag – voorspelbare en reaktiewe maniere van coping maak plek vir ‘n nuwe manier van bestaan en optrede.  Dis soos om die gewoontes van die ou self te breek en ‘n nuwe self te word

Wat jy gaan leer:
  • Wat die raakpunte tussen kontemplatiewe gebed en MLNP™ is
  • Wat die verskil tussen top-down en bottom-up prossessering is
  • Hoe om die proses stadig te maak
  • Hoe om neurowetenskaplike en kontemplatiewe gebedsbeginsels in samehang te gebruik
  • Hoe spieëlneurone ‘n onmisbare rol tydens genesing en prosessering speel
  • Wat dual-awareness is en hoe om dit toe te pas
  • Hoe om die interaksie tussen die voor- en agterbrein te fasiliteer
  • Wat die window of tolerance , sowel as die toepassing daarvan, is
  • Hoe om resourcing en abreactions te fasiliteer
  • Wat felt sense en process skipping is
  • Hoe om die genesing van negatiewe emosies met behulp van MLNP™ te fasiliteer
  • Hoe om die genesing van negatiewe sisteme met behulp van MLNP™ te fasiliteer
  • Hoe om ekokaarte binne die konteks van MLNP™ te benut
  • Hoe bilaterale klanke linker- en regterbreinintegrasie aanhelp

Spiritual Life CoachingHierdie opleiding is geskik vir:
  • Predikante
  • Pastorale hulpverleners
  • Gekwalifiseerde beraders
  • Maatskaplikewerkers
  • Sielkundiges
  • Lewensafrigters

Een van ons kursusgangers skryf die volgende:

Wanneer ’n gemeentelid my in die verlede genader het vir ’n afspraak het my moed in my skoene gesak.  Dan luister ek, gee raad, en steun op my Bybelkennis vir ’n gepaste teks, doen ’n gebed, en daar gaan nog een van my kudde.  Ek kon maar net hoop sy denke sal vernuwe word, sy gevoelens van vrees, skuld, minderwaardigheid sal mettertyd vervaag en sy gedrag sal verander.

Onlangs, na my MLNP-opleiding, het ek vir die eerste keer in my bediening uitgesien daarna wanneer iemand my genader het vir berading.  Mense, wat reeds skaam en bang is om derms uit te ryg, hoef nie meer hulle hele storie te vertel nie.  Wanneer ek sien hulle is gereed, begin ons op sensoriese vlak hulle pyn prosesseer d.m.v. die suiwere eenvoud van MLNP, en saam beleef ons verstommende, onmiddellike, meetbare resultate.

Ons waarborg aan jou

Jy sal verbaas wees oor die verskil wat MLNP™ aan jou praktyk sal maak.  Indien hierdie werkswinkel egter  nie vir jou die moeite werd was nie en jy dink dit was tydmors en jy het niks nuiuts geleer nie, gee ons jou werkswinkelfooi met ‘n aan jou terug. 


Hoe werk die opleidingsprogram?

‘n Week voor elke werkswinkel sluit die inskrywings.  Jy word dan op ons virtuele klaskamer geregistreer sodat jy VOOR die werkswinkel ‘n klompie teoretiese modules kan deurwerk.  Dit is uiters belangrik, want dit spaar baie tyd tydens die werkswinkels.  Dan kan daar slegs op die praktiese toepassings gefokus word en word onnodige tyd nie gemors om ‘n klomp teorie te verduidelik nie.

Na die werkswinkel volg daar ‘n 2-maande tydperk waartydens jy by 4 Zoom-sessies inskakel en die praktiese opdragte voltooi.  Dit behels die toepassing van die MLNP™ proses op 4 kliënte.


Opleidingsdatum en Werkswinkelfooi

Vir meer inligting (plek en datums) oor werkswinkels wat in die Paarl aangebied word, kliek op die volgende skakel:

Paarl Werkswinkels
Die opleidingsprogram werk soos volg:
Stap 1: Teoretiese oriëntasie

Hierdie gedeelte word aanlyn op ons virtuele klaskamer gedoen VOORDAT jy die werkswinkel bywoon.   Die koste verbonde aan hierdie fase, is $100.00 (ongeveer R 1 500.00). 

Stap 2: Werkswinkel

Nadat jy die Oriënteringsfase suksesvol voltooi het, woon jy die werkswinkel by.  Die koste verbonde hieraan is R 3900.00.

Stap 3: Praktiese Fase (opsioneel)

Hierdie fase strek oor 2 maande.  Die MLNP™-proses word tydens 8 sessies ingeoefen en ‘n kort 1 bladsy verslag oor elke sessie word ingehandig.  Daar is ook 4 Zoom-sessies waartydens terugvoering gegee en vrae gevra kan word. 

Om as MLNP™ Fasiliteerder te kwalifiseer, is hierdie fase verpligtend.  Indien jy dit nie voltooi nie, ontvang jy slegs ‘n bywoningsertifikaat.

Volgende Werkswinkels
  • Plek: Potchefstroom : 2 – 5 Julie 2019
    • Sluitingsdatum vir inskrywing: 23 Junie 2019
  • Plek: Alberton: 16 – 19 Julie 20-19
    • Sluitingsdatum vir inskrywing: 7 Julie 2019
Registrasie en Betaling

Voltooi asseblief die onderstaande inskrywingsvorm en kliek op SUBMIT.

Kliek op die skakel hieronder om vir die kursus te betaal:

Pay

Standaard Prys (R 5 400.00) tot 7 dae voor die opleidingsdatum vir 2019. 

Indien jy kwalifiseer vir korting, laai die onderstaande registrasievorm af en betaal die bedrag direk in ons bankrekening in.   Gebruik die onderste inskrywingsvorm om in te skryf.

Kliek HIER om die Inskrywingsvorm af te laai.

Aanbieders:

Alberton: Edgar Phillipsedgar

  • Hy is ‘n Imago Professionele Fasiliteerder – 2008.
  • Hy behaal ‘n Nagraadse Diploma in Funksionele Terapie in 2010.
  • Hy is ‘n internasionaal gesertifiseerde EFT praktisyn – 2010.
  • Hy is ook ‘n geregistreerde internasionale Meester Brainspotting Terapeut – 2015.
  • Edgar is tans besig met sy Meestersgraad by die NWU (Potchefstroom Kampus) waar hy verdere navorsing oor MLP™ doen.
  • Sy passie is om mense te help om van die negatiewe gevolge van trauma te genees. 

Potchefstroom: Dr Bertie Hanekombertie

Hy is die besturende direkteur van Perspektief Opleidingskollege (PTC).  Hy is al vir meer as 25 jaar betrokke by hulpverlening aan mense.  Dit is Bertie se passie om mense te help om hulle volle potensiaal te ontdek en te realiseer. Hy het sy doktersgraad in praktiese teologie by die NWU (Potchefstroom-kampus) verwerf.

Paarl: Antoinette Rossouw

  • Antoinette is ’n geregistreerde bedryfsielkundige, wat haar navorsing gedoen het oor die verband tussen emosionele intelligensie en psigososiale funksionering met spesiale verwysing na werknemers se welsyn. Sy het 27 jaar ervaring van hulpverlening aan mense.
  • As onafhanklike bedryfspraktisyn fokus sy op werknemers se psigososiale gesondheid, spanbou en loopbaanafrigting, opleiding en produksie -verbetering, asook selfbestuur gedurende transformasie in die werkplek.
  • Haar opleiding en ervaring sluit o.a. ook die volgende in:
    • Akkreditering in MSCEIT en Bar-On EQ-I vir assessering en opleiding in emosionele intelligensie by Yale Universiteit, Connecticut, VSA. (2006)
    • Thomas International PPA akkreditasie
    • Psigometriese- en Ekometriese assessering
    • Groepsdinamika-opleiding, Chicago, VSA (2004)
    • EFT- praktisyn
    • Gewigsverliespraktisyn
    • Die fasilitering van Bedryfsteater vir ervaringsleer in die werkplek
    • Multivlak Neuroprosessering: Basiese opleiding sowel as MLNP Trauma, MLNP Lewensafrigting, MLNP Prestasieverbetering, MLNP “Ego state” -terapie en MLNP Verslawing

Kwalifiseer as Wellness Coach

Wanneer jy hierdie opleiding suksesvol voltooi het, kan jy by International Coaches Register (ICR) as ‘n Wellness Coach registreer. Vir meer inligting oor ICR, kliek op die volgende skakel:

International Coaches Register (ICR)

Ander MLNP™ Werkswinkels

Reinvent Yourself!