Professionele Fasiliteringsopleiding: Werk met Individue

Maak jou eerste sessie ‘n WOW!-ervaring vir jou kliënte!!

Effektiewe Luister- en Refleksietegnieke

Luister jy werklik na wat jou kliënte sê,therapy
of
is jy al besig om ‘n antwoord in jou kop te formuleer terwyl hulle nog praat?


    •  Voel jou eerste sessie met kliënte soos ‘n nimmereindigende gebrabbel?
    • Soek jy meer struktuur tydens jou eerste sessie met kliënte?
    • Beleef jou kliënte dat jy hulle werklik hoor?
    • Kommunikeer jy werklik op gevoelsvlak met jou kliënte?
    • Is daar intieme konneksie tussen jou en jou kliënte?

 Effektiewe Luister- en Refleksietegnieke kan ‘n einde aan hierdie frustrasies beteken!

    • Enige gesprek verdiep slegs wanneer daar die gevoel van “ek is gehoor” ervaar word.brainconnection
    • Die primitiewe brein verstaan nie taal nie, slegs gevoel!
    • Slegs wanneer jou kliënt veilig by jou voel (gevoelsvlak), sal hy homself al hoe meer aan jou blootstel.
    • Bereik sodoende die belangrikste doel van die eerste sessie: die kliënt se belewenis dat hy werklik gehoor is!
    • Gee ‘n vooraf beplande struktuur aan jou eerste sessie!

Hierdie werkswinkel is bedoel vir:activelistening

Professionele terapeute soos:

  • Life Coaches
  • Maatskaplike werkers,
  • Sielkundiges,
  • Predikante,
  • Pastorale beraders, ens.

Hierdie werkswinkel rus professionele helpverleners toe om:

  • effektief na hulle kliënte te luister;
  • hulle kliënte se woorde effektief terug te spieel;
  • aan hulle kliënte die belewenis te gee dat hulle werklik gehoor word!
  • sodoende ‘n ruimte van veiligheid te skep wat die kliënt aanmoedig om hom-/haarself meer en meer bloot te stel.
  • die eerste sessie met kliënte volgens ‘n vasgestelde struktuur/proses te laat verloop.

Tydens hierdie werkswinkel gaan jy die volgende leer:

  • om effektief na jou kliënte te luister;activelistening2
  • om jou kliënte se woorde effektief terug te spieel;
  • om aan jou kliënte die belewenis te gee dat hulle werklik gehoor word!
  • om sodoende ‘n ruimte van veiligheid te skep wat die kliënt aanmoedig om hom-/haarself meer en meer bloot te stel.
  • om die eerste sessie met jou kliënt volgens ‘n vasgestelde struktuur/proses te laat verloop.

Wat ander sê wat die werkswinkel al bygewoon het:

Die opleiding het my verwagtinge oortref. Ek het nie net kennis nie, maar ook self terapie ontvang – die ligte het vir my aangekom! Die opleiding was persoonlik bevrydend en ek sal meer wil weet oor die “ware en valse self” wat bespreek is. As jy berading doen, is hierdie opleiding ‘n moet!
– Dominee van Mpumalanga

Die opleiding was meer as wat ek verwag het. Die atmosfeer was warm en veilig en die studiemateriaal goed uiteengesit en verstaanbaar. Ek het meer geleer as wat ek verwag het en sal dit vir enige iemand wat met mense werk, aanbeveel. Ek is met baie kennis daar weg en verstaan myself en ander se funksionering nou baie beter. Baie dankie vir die opleiding!
– Honeurs sielkunde student van Alberton


Ons tydmors waarborg aan jou

Jy sal verbaas wees oor die verskil wat 1-tot-1 Verhoudingsfasiliering aan jou praktyk sal maak. Indien jy egter wonder of hierdie werkswinkel die moeite werd kan wees, gee ons jou werkswinkelfooi met ‘n aan jou terug as jy dink dit was tydmors.


Bladsye uit die Opleidingsmateriaal

InhoudRefleksietegnieke


Hoekom hierdie werkswinkel so uniek is?

Aan die einde van hierdie werkswinkel gaan jy weet:

  • Hoe om effektief na jou kliënte te luister;
  • Hoe om jou kliënte se woorde effektief terug te spieel;
  • Hoe om aan jou kliënte die belewenis te gee dat hulle werklik gehoor word!
  • Hoe om‘n ruimte van veiligheid te skep wat die kliënt aanmoedig om hom-/haarself meer en meer bloot te stel.
  • Hoe om die eerste sessie met jou kliënt volgens ‘n vasgestelde struktuur/proses te laat verloop.

En die beste van alles:  jou kliënte gaan hierdie sessie as WOW! ervaar!


Plek & Datum van volgende werkswinkel

  • Colletstraat 2, Alberton
  • 26 Februarie 2019 (08:00 tot 16:00)
  • Slegs 10 plekke per werkswinkel beskikbaar

Hoe bespreek en betaal ek vir die werkswinkel?

Kliek op die PayFast knoppie hieronder om die kursusfooi te betaal. Om jou plek op die werkswinkel te verseker, moet die kursusfooi ons 3 dae voor die aanvang van die werkswinkel bereik.

Pay

Professionele Fasiliteringsopleiding: Werk met Individue: Kursusfooi van R 1 200.00 


Wat gebeur wanneer jy op die PayFast knoppie druk?

    • Jy word na PayFast se webblad geneem waar jy eers moet registreer.
    • Daarna word jy die opsie gegee  watter betalingsmetode jy wil gebruik – kredietkaart, Internet, of Ukash
    • PayFast is ‘n betroubare Suid-Afrikaanse maatskappy.
    • Indien jy sukkel met die betaling op PayFast kontak ons gerus by persfin@lantic.net vir ons bankbesonderhede.
    • Sodra jy die betaling deur PayFast gemaak het, sal ons jou DV binne 2 werksdae kontak om die inbetaling te bevestig en die reëlings aangaande die werkswinkel te finaliseer.
    • Indien jy enige vrae het, kontak ons gerus by persfin@lantic.net.

Aanbieder:bertie

Dr Bertie Hanekom is die besturende direkteur van Perspektief Opleidingskollege (PTC). Hy werk al vir meer as 25 jaar op die veld van hulpverlening aan mense. Dit is Bertie se passie om mense te help om hulle volle potensiaal te ontdek en te realiseer. Hy het sy doktersgraad in praktiese teologie by die NWU (Potchefstroom-kampus) verwerf.

Neuro-Coaching in Action!